Hartbeespoort se strate kry weer name
Hartbeespoort se strate kry uiteindelik weer name!
Met soveel strate in Schoemansville, Melodie, Ifafi en Meerhof wat nie meer straatnaamborde het nie, het Proudly Harties die afgelope week begin om straatname op die skouers van die paaie te verf.
Eersdaag sal niemand meer verdwaal nie.
Raak betrokke by Proudly Harties en help om Hartbeespoort op te knap.
Besoek die Proudly Harties Facebook-blad vir meer inligting oor die verskeie projekte.