NG Kerk Harties se Passiespele weer op die planke
NG Kerk Harties is weer slaggereed om hul bekende en gewilde Passiespele vir die publiek vanaf 13 tot 16 April 2025 aan te bied.
Die gemeente nooi almal uit om hierdie jaar se besonderse spele te kom geniet met soliste Piet Smit en Susanne Labuschagne. Koorsang deur die kore van Thornhill Primary School, Learskool Olienpark, Laerskool Genl. Hendrik Schoeman, Xanadu Private School, Hoërskool Brits en Hoërskool Hartbeespoort gaan hierdie opvoering iets uit die boonste rakke maak wat nog lank onthou sal word. Die akteurs is almal plaaslike inwoners wat hul liefde vir die Passiespele op die verhoog kom uitleef. Kaartjies is by die NG Kerk kantoor beskikbaar of aanlyn by www.hartiesng.org en kos R120 per persoon. Vir verdere besonderhede kan die NG Kerk kantoor geskakel word by 012 253 1991 tydens kantoorure 09:00 tot 13:00.