Plak ‘n onderwyser

Daar was inderdaad groot pret by Hoërskool Hartbeespoort verlede week toe leerders hul onderwysers vasgeplak en stil gemaak het. Vir ‘n losprys natuurlik! Die pret-inisiatief is deur 2026 se diensraad van stapel gestuur om fondse vir hul projekte in te samel. Op die foto is Kiara Schnaar-Campbell, Ivanke Jacobs en Mianette Pieterse saam met die vasgeplakte mnr Henri de Vos.










