Zakiti Fees – ‘n moet dié naweek
Moet onder geen omstandighede die jaarlikse Zakiti Fees dié Saterdag, 9 Augustus, by Skemerberg misloop nie!
Dié fees, wat deur die Kuierkerk aangebied word, beloof om vanjaar groter en lekkerder as ooit te wees. Bring gerus familie en vriende en kom kuier tussen 10.00 en 17.00 saam by die tiende fees van sy soort. Daar is soos altyd ‘n lewendige musiekverhoog wat die voete laat juk. Ook genoeg te ete by die smullige kosstalletjies, ‘n boskroeg, koffiekroeg en vars plaasprodukte. Genoeg vir almal in die gesin om te doen: Kunsstalletjies, perdryritte, bungee trampolien, meganiese bul, trekkertreintjies, skiettonnel, veteraanmotors, ‘cigar lounge’, kinderarea, reptieldemonstrasie en
baie meer.
Toegangsfooi is R50 per voertuig. Sien jou daar!
Kontak Rose vir meer inligting by 082 258 0970.