GET TO KNOW – Hanna’s Yarn Haven – Martie Maree en Handri Schutte
Vir brei- en hekel-entoesiaste is daar baie goeie nuus…. Hartbeespoort se eie wolwinkel, Hanna’s Yarn Haven, open Saterdag, 1 Junie, sy deure in Ifafi.
Ma en dogter-span, Martie Maree en Handri Schutte, is aan die stuur en hulle hoop om in al brei- en hekel-entoesiaste se behoeftes te voorsien.
“Ons het opgemerk dat daar ‘n groot aanvraag vir wol en brei-en hekelbenodighede in Hartbeespoort is. Na die enigste winkel wat wol verkoop het, toegemaak het, moes ons almal Pretoria of Johannesburg toe ry om wol ens te koop. Ek en my ma het lank oor ‘n winkel gepraat en lank gevat om te besluit, maar hier is ons nou,” sê Handri.
Sedert sy die winkel se opening begin adverteer het, word sy reeds oorval met versoeke. Hanna’s Yarn Haven sal waarlik ‘n hawe vir brei- en hekelliefhebbers wees. Hier is alle breibenodighede op een plek. En as hulle dit nie het nie, sal hulle dit vir klante kry, belowe Handri.
Die wolwinkel spog met wol soos Charity Double Knit, Kismet Raeesah 100% katoen, Elle Pure Gold en Alize Velluto.
Martie en Hanne hekel ook teddiebere en ‘n wye verskeidenheid is in die winkel beskikbaar.
Ons sien daarna uit om klante te verwelkom. Hanna’s Yarn Haven open amptelik Saterdag 09:00 en klante word genooi vir koffie en muffins. Maak gerus ‘n draai by dié kleurvolle winkel by 26 Howitzerstraat, Ifafi. Kontak Hanna’s Yarn Haven by 072 359 6132.
Besoek die hul Facebook-bladsye Hanna’s Yarn Haven en Hanna Kapanna.