Kommandokorps-leier dood in aanhouding, dag voor hy borgtog kry
Die leier van die Kommandokorps-beweging, Franz Jooste (71), wat vir die beweerde moord van sy huurder op De Wildt in aanhouding was, is Maandagaand oorlede, slegs ure voor die hof Dinsdag in sy afwesigheid borgtog aan hom toegestaan het.


