VLU Brits deur Brits-leerders bederf
Die VLU Brits-tak het ouderergewoonte hul jaarlikse besoek saam die Hoërskool Brits se Gasvryheidstudie leerders terdeë geniet. Hierdie geleentheid is ‘n hoogtepunt op die kalender en is reeds ‘n instelling by die tak. Die leerders gebruik hierdie geleentheid om hul vaardighede te toets en reg te staan om die gesoute baksters van die VLU te trakteer met heerlike gebak.
Die tak het ook tydens hierdie spesiale geleentheid die lede vereer vir hul weninskrywings in verskeie kategorieë van die tak-kompetisies.
Die VLU Brits-tak is trots op die werk van die lede en spoor ook die lede aan om deel te neem aan die kompetisies om sodoende hul eie vaardighede te toets en nuwe vaardighede aan te leer.