VLU, Helpende Hand reik uit na behoeftige leerders

27/02/2025Community

Die VLU Brits se Hartbeespoort-lede het vanjaar weer ingespring om ‘n verskil te maak in hul gemeenskap na die VLU Brits in 2024 ‘n groot bydrae gelewer het het aan verskeie NPO’s in hul gemeenskap.

Neeltje Louw (VLU Brits voorsitter), Nadia van der Merwe (Maatskaplike werker Solidariteit Helpende Hand), Magda Owgan (VLU Brits), Desiree Oosthuyzen (Streekorganiseerder Solidariteit Helpende Hand Platinumstreek), Christene Kruge (VLU Brits) en Nadia Neuhoff (VLU Brits).

Een van die projekte was Solidariteit Helpende Hand se bekende Tassieprojek. Die Tassieprojek voorsien ‘n skooltassie gevul met die nodig Gr1-skryfbehoeftes aan leerders wat dit nie andersins sou kon bekostig nie.
Vanjaar is die Hartbeespoort-lede betrokke by Solidariteit Helpende Hand Platinumstreek se Eksamen-PEN projek om alle Graad 4-7 leerders die geleentheid te gee om toegerus te word vir die eksamen. VLU Brits se Hartbeespoort-lede het verlede week solank 60 van 210 selfgemaakte pennesakkies aan Solidariteit Helpend Hand Platinum-streek oorhandig.
Meer as 100 leerders is verlede jaar deur die Eksamen-PEN-projek bemagtig. Die projek sluit akademiese ondersteuning in samewerking met ‘n opvoedkundige sielkundige in, sowel as kospakkies waar nodig. Die projek word vanjaar by vier skole in Hartbeespoort uitgerol.
Hulp en ondersteuning van die publiek is welkom. As jy wil betrokke raak, kontak Nadia van der Merwe by 083 613 1238.