VLU Brits-tak skitter by NW VLU-konferensie
VLU Presidente, Gerda Swart, oorhandig toekenning vir mees uitstaande item by die Noordwes VLU Platinastreekkonferensie aan San Pieterse.
Die Vroue Landbou Unie (VLU)se Brits-tak het tydens die onlangse Noordwes VLU Platinastreekkonferensie verskeie toekennings ontvang.
Die lede van die tak het gesorg vir verskeie toekennings in kategorieĆ« soos borduurwerk, masjienwerk, breiwerk, hekelwerk, handvlyt, fotografie, skryfkuns, gebak, preservering en blommerangskikking om net ān paar te noem
Die VLU Brits Tak spog ook met die toekenning vir die beste voorsittersverslag deur die voorsitter, Neeltje Louw. AnƩska Smal ontvang die toekenning vir die meeste punte vir gebak/preservering, terwyl Elaine Smit die meeste punte ontvang vir masjien/borduurwerk. San Pieters ontvang die toekenning vir die mees uitstaande artikel by vanjaar se Konferensie en die tak word ook tydens hierdie geleentheid aangewys as die tak met die meeste punte.
“Ons is baie trots op elke lid van die tak. Almal is raakvatters wie se hande vir niks verkeerd staan nie. By die VLU Brits-tak word ons erfenis en tradisie kuier-kuier van een geslag na ān ander oorgedra ā sĆŖ VLU Brits-voorsitter, Neeltje Louw,