4 Wêreldrekords vir Barjo
Barjo van Niekerk, lid van Harties Reflections Swem- en Lewensreddingklub, het geskiedenis gemaak toe hy in April aan die DHL Meesters en Senior Ope afdelings, vier nuwe lewensredding wêreldrekords in die ouderdomsgroep 40-44 opgestel het.

Barjo van Niekerk
Barjo, wat Suid-Afrika tussen 2000 en 2013 by verskeie internasionale byeenkomste verteenwoordig het, is in 2024 genooi om aan die Meersterkampioenskappe in Durban deel te neem. Hier, na 11 jaar uit die water, het hy reeds ‘n nie-amptelike wêreldrekord opgestel. Dit het hom geïnspireer om dit vanjaar amptelik te maak.
Deur toewyding en deursettingsvermoë, het hy voorberei vir die 2025 seisoen. Die aanmoediging van die Reflections-afrigter, Lynnette van Rensburg, het daartoe gelei dat Barjo tydens interprovinsiale klubkompetisies al nader aan sy droom van ‘n wêreldrekord gekom het. Tydens die Nasionale DHL Byeenkomste in Gqeberha het hy vier indivduele goue medaljes verower, en ‘n wêreldrekord, sowel as drie nasionale rekords verbeter.
Tydens die Senior Ope-byeenkoms het hy sy staal gewys, en nie net sy eie wêreldrekord nie, maar ook nog drie nuwe wêreldrekords in sy ouderdomsgroep opgestel.
Deel van Barjo se droom was egter nie net om self ‘n doel te bereik nie, maar om ook ‘n amptelike Meestersgroep op die been te bring. Deur die loop van 2024 het hy ‘n span saamgestel wat kon wys watter potensiaal daar vir dié mans en vroue is. En toe wen die Harties Reflections Meestersspan die nasionale kompetisie in Gqeberha!
Saam met Barjo, was ander uitstaande individuele prestasies in die swembad: Jan-Albert Heymans (35-39) 4 Goud en 4 SA rekords; Alke Stopforth (30-35) 4 goud en 4 SA rekords; Ruan Marais (30-34) 4 goud en SA rekords; Theuns Smit (40-44) 2 silwer en 1 brons medaljes; Zynie van Heerden (35-39) 4 goue medaljes; Hanre Ferreira (35-39) 3 silwer medaljes; Estelle Fouche (40-44) 1 silwer medalje; Susan Myburgh (60-70) 2 Goue en 2 silwer medaljes; Lynnette van Rensburg (50-59) 1 brons medalje; Heidie Steyn (50-59) 1 brons medalje. Die gemengde aflosspan van Barjo, Jan Albert, Ruan en Alke wen 3 goue medaljes en verbeter 1 SA rekord. Die Reflection span het ook in die aflos lyngooi-items uitgeblink met 10 goue, en 2 silwer medaljes, waarvan 5 nuwe SA rekords was!
Alke Stopforth, Zynie van Heerden, Hanre Ferreira en Ruan Marais het ook Harties se naam hoog gehou by die “surf” items. Alke behaal ‘n goue en 3 silwer medaljes; Zynie ‘n silwer medalje; Ruan 3 goud en ‘n silwer en brons medalje.
Harties Reflections beoog om in 2026 op hulle merkwaardige vertoning van vanjaar voort te bou, en nooi alle mans- en dames- swemmers tussen 30 en 70 om te kom aansluit. Kontak Lynette van Rensburg 082 927 9791 by Harties Reflections vir meer inligting.