Blinklywe by die Dam 04 April 2024
Johan, Hester en Rene Berthold het die naweek by Oberon gaan hengel waar hulle 25 karp geland het. Rene land ‘n nege kilogram karp, Johan nege kilogram en Hester 7.5kg. Knoffel en pink sweets floats is vir aas aangewend met Sonskyn,Boom en Schallas geursels. Jan Venter land n pragtige karp vanaf Meerhof oewer. Ben Maseko en Maximus Bole het ook n goeie dag by Meerhof afgesluit met karp en barber van 13kg wat geland is. Jando Badenhorst land nege Barbers by Meerhof oewer.Besoek Meerhof oewer se FB bladsy vir meer inligting oor vangstes van die afgelope week.
Deel asb u vangstes met Jan deur fotos te stuur na 0766078956.