Hartbeespoort-swemmers presteer by Commonwealth Spele

07/08/2025Sport

Vier van Harties Reflections Swem- en Lewensreddingsklub se lewensredders het as verteenwoordigers van die Suid-Afrikaanse ontwikkelingspan en die Suid-Afrikaanse nasionale span aan die Royal lifesaving Commonwealth Spele in Wales deelgeneem en Suid-Afrika en Hartbeespoort trots gemaak.

Xanthe Nagel, Zoé Steyn, Lynnette van Rensburg, Antonio Pieterse en Neil Holtzhausen het Suid-Afrika verteenwoordig.

Harties Reflections se afrigter, Lynnette van Rensburg, was aangewys as die Nasionale span se afrigter.
Suid Afrika het briljant gevaar by die spele en met ‘n algehele tweede plek (nasionaal) en algehele derde plek (ontwikkelling) geëindig. Hulle het met hande vol medaljes en briljante nuwe persoonlike beste tye teruggekeer. Dit was vir die swemmers ‘n kans in ‘n leeftyd om teen van die beste swemmers in die wêreld te kon deel neem. Hul het hulle skoene, of te wel vinne, terdeë volgestaan.