NG Kerk Skeerpoort hou Plaasfees

31/07/2025Events

Moet nie dié naweek die NG kerk Skeerpoort se Plaasfees op die kerkperseel Saterdag, 2 Augustus misloop nie.
Die fees beloof om vir die hele familie groot pret te wees. Een van die groot trekpleisters is natuurlik die gewilde sanger en televisiepersoonlikheid, Pieter Koen, wat feesgangers met sy musiek sal vermaak.
Die hekke open 09:00, maar ‘n lekker boere-ontbyt is reeds al vanaf 8:00 gereed met ‘n koppie regte plaaskoffie of tee.
Feesgangers kan uitsien na heerlike kos, verskeie stalletjies, die gewilde veiling, die Pick a Box met groot pryse, en natuurlik die Mnr en Mej Plaasjapie-kompetisie.
Kom smul aan kerrie en rys, wors- en sosatierolle, plaas pannekoeke, soetgebak en vele meer. En moenie die vars vleis en groente vergeet nie. Daar is ook allerlei aktiwiteite en ‘n springkasteel vir die kleingoed.
Vir meer inligting, kontak NG Skeerpoort by 012 2071221 of Facebook: NG Gemeente Skeerpoort.