Moenie die Harties Premier Liga misloop nie

31/07/2025Events

Sportgeesdriftiges en die gemeenskap moet nie die komende naweek die Hoërskool Hartbeespoort se Harties Premier Liga (HPL) misloop nie.
Dit is ‘n unieke jaarlikse sporttoernooi waartydens verskeie junior- en seniorspanne teen mekaar hokkie, rugby, sokker en netbal speel. Die fomaat van die westryde is nie die gewone nie – dit is kleiner, vinniger en meer kompeterend.
Besighede in die omgewing het die geleentheid gehad om ‘n spesifieke span te “koop” en die spanne na hul smaak te klee en af te rig. Kom kyk watter besigheid se sportspan as kampioene van die dag gekroon word.
Die sporttoernooi vind by Hoërskool Hartbeespoort se sportgronde plaas en beloof om ‘n lekker dag gevul met kompeterende sport, lekker atmosfeer, kos- en kunsstalletjies te wees.
Wedstryde begin 09:00.