Zakiti Fees is om die draai

Die jaarlikse Zakiti Fees van die Kuierkerk vind volgende Saterdag, 9 Augustus, by Skemerberg plaas en vanjaar is dit groter en lekkerder as ooit.
Bring gerus familie en vriende en kom kuier tussen 10.00 en 17.00 saam by die tiende fees van sy soort. Daar is soos altyd ‘n lewendige musiekverhoog wat die voete laat juk. Ook genoeg te ete by die smullige kosstalletjies, ‘n boskroeg, koffiekroeg en vars plaasprodukte. Genoeg vir almal in die gesin om te doen: Kunsstalletjies, perdryritte, bungee trampolien, meganiese bul, trekkertreintjies, skiettonnel, veteraanmotors, ‘cigar lounge’, kinderarea, reptieldemonstrasie en baie meer.
Kontak Rose vir meer inligting by 082 258 0970 of info@skemerberg.co.za vir meer inligting. Toegangsfooi is R50 per voertuig. Sien jou daar!








