Hartbeespoort Kunstefees open
Die 37ste Hartbeespoort Kunstefees het Dinsdagaand by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman geopen en die gemeenskap kan uitsien na uitstekende vertonings en kunswerke die volgende twee weke.

Kunswerke word by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman uitgestal.
Verskeie venues word gebruik. Kunswerke kan by Laerskool Generaal Hendrik Schoeman besigtig word. Dramavertonings vind Donderdag en Vrydag by Nederduits Hervormde Kerk en Meerhofskool plaas.
Saterdag, 2 Augustus, kan die gemeenskap gaan kyk na musiekinstrumente- en klavieruitvoering by Hartbeeshof Aftreeoord, asook die dans en modelwerkafdelings by die Nederduitse Hervormde Kerk.
Op 4 Augustus is daar popmusiek by Hartbeeshof Aftreeoord en 5 Aug is die formele sang en kore by GHS. Die meeste afdelings begin 08:30, behalwe formele sang en kore wat 11:00 begin.
Die kunsbeoordelaars was Ingrid Kölzing en Elsabe Pienaar. Volgens hulle was die tema, Die Hart van Suid-Afrika, op baie verskeie en kreatiewe maniere uitgebeeld.
Twee gala-aande vind 13 Aug by Hartbeeshof Aftreeoord en 15 Aug by GHS plaas.








