Blinklywe by die Dam 1 Aug 2024
Hengelaars het in Julie baie goeie vangste vanaf Hartbeespoortdam se oewers gedoen. Daar was gerugte van karp van tot 20kg wat uitgetrek is, maar dit is nie bevestig deur foto’s en weeg-bevestigings nie.
Die Big Fish Challenge wat by Hartbeespoort plaasgevind het, was ‘n groot sukses met karp van 6kg tot 14kg wat geland is. Schoemansville-oewer het gedurende die week goeie vangstes gelewer met karp tussen 7kg en 11kg. Ifafi Aquatic klub is tans die oewer wat gereeld groot karp lewer. Deon en Marie Bezuidenhout se besoek aan die oewer was ‘n groot sukses met karp van tussen 9.39kg en 13.37kg. Geure wat gedurende die maand vir hengelaars gewerk het is Tjop Tjop, Piesang, Heuning, Mulberry en White Chocolate.
Jando Badenhorst het vanaf Ifafi Senior Burger Klub karp van 7kg tot 11kg uitgetrek.
Stuur gerus foto’s van vangste by Hartbeespoort aan Jan by 076 607 8956.
Hengelgroete