Blinklywe by die dam (1 Feb 24)

01/02/2024Sport

Franco Duvenage by Meerhofoewer.

Jason Armstrong met ‘n 9.4kg bielie

Hengelaars behaal steeds goeie vangste by Hartbeespoort dam se onderskeie oewers. Die jonger vis is tans baie bedrywig en sorg vir goeie opwinding tydens hengelsessies. Verskeie hengelaars het inligting oor die geure en aas wat gebruik word verskaf. Gewilde geure is steeds knoffel, Pink sweets, Schalla’s, Boom, Sonskyn van Fish, Monster mix en tiger nuts kan ook gebruik word.
Hengelaars kan foto’s van vangste by Hartbeespoortdam na 076 607 8956 stuur.
Hengelgroete