Blinklywe by die Dam 12 Desember 2024

12/12/2024History, Lifestyle, Sport

Hengel by Hartbeespoortdam is tans baie goed. Groot hoeveelhede jong karp word by die oewers geland.

Franco Duvenage met 50 karp by Ifafi Senior Burger Klub.

Ifafi Senior Burger Klub lok baie hengelaars en tot meer as 100 karp word deur sekere hengelaars per dag gevang. Jando Badenhorst het gedurende ‘n vier-dag hengelsessie byna 300 jong karp geland. Jan en Franco Duvenage het ook vanaf die Senior Burger Klub se oewer in drie kort hengelsessies 110 karp uitgetrek.
Boulyn-voer met knoffel floaties is vir aas gebruik. Twee hengelaars het groter karp van vyf en agt kilogram geland.
Die watervlak by die oewers is laag, maar die vis is goed aan die eet. Besoekers aan Hartbeespoort dam kan gerus die oewers besoek en deel in die opwinding wat tans heers. Deel gerus jul vangste en hoeveelhede wat gevang is met ons. Hengelaars kan foto’s van vangste by Hartbeespoortdam aan Jan stuur by 076 607 8956.
Hengelgroete