Blinklywe by die Dam 12 September 24

12/09/2024Sport

Deon Bezùidenhout by Ifafi Aquatic Klub

Hengel die afgelope tyd by Hartbeespoortdam se oewers was traag. Inligting wat ontvang is vanaf hengelaars by die oewers, is dat daar baie min vis gevang word.
‘n Hengelaar wat Ifafi Aquatic Klub besoek het, het geluk behaal met ‘n karp van 15.87kg. Die oewer is baie gewild onder spesiehengelaars wat Hartbeespoort se groot karp wil teiken. Boilies en Tigernuts word vir aas aangewend om die karp te lok. Hengelaars kan ook gebruik maak van Super Cast se Monster Mix wat help om die karp na die aas te lok. Geure wat by Hartbeespoortdam gebruik word, is Tjop Tjop, Piesang, Mulberry, Heuning en Perdeby.
Hengelaars het ook gedurende Augustus goed gehengel met Banj”I en Heuning Floats van Super Cast.
Meerhof oewer se hekke open 06:00 tot 18:00. Besoek gerus Meerhofoewer se Facebook-blad vir meer inligting.
Stuur asb foto’s van vangste by Hartbeespoortdam aan Jan by 076 607 8956. Hengelgroete