Blinklywe by die Dam 14 Maart 2024

14/03/2024Sport

Jando Badenhorst met ‘n 12kg baber.

Hengelaars het die afgelope week groot vis by Hartbeespoortdam uitgetrek. Meerhofoewer lewer tans baie goeie vangste van karp en baber. Babers van 14kg en karp van tot 16kg word geweeg.
Jando Badenhorst hengel vanaf Ifafi Senior Burger Klub en land babers met gewigte wat wissel tussen een en 12kg. Daar word ook baie jong karp gevang wat baie vinnig op die aas toesak. Babers word met wurms gelok wat in barber-geursels gedip word. Geursels wat gebruik word om karp te lok is Knoffel/Schallas/FX/ Pokkol en Boom.
Deel gerus u suksesvolle hengelsessie by Hartbeespoortdam met Kormorant-lesers. Stuur foto’s van vangste aan Jan by 076 607 8956.