Blinklywe by die Dam 18 Julie 2024
Karphengel die afgelope week was baie goed by Hartbeespoortdam met vangste van groot vis wat geweeg is.
Keanu Landman met ‘n bielie-karp
Franco Duvenage land 2 karp met gewigte van 4kg en 10kg.Die vis is by Meerhofoewer uitgetrek met knoffel floats. FX en Lemon Time geursel is op die voerbal aangewend. Keanu Landman en Eddie Kriel hengel vanaf Caribbean Beach se oewer en land karp van 9kg.
Goeie vangste is ook vanaf die Schoemansville-oewers gedoen met karp van tussen 6 en 8kg. Ifafi Aquatic Klub lewer tans baie goeie karpvangste. Spesiehengelaars maak gebruik van Tigernuts en boilies om die vis te lok. Heuninggeursel en hempolie word baie suksesvol gebruik. Karp is ook vanaf Kommandonek-oewer uitgetrek.
The Big Fish Challenge het die afgelope naweek plaasgevind. Hengelaars kon vanaf bote of oewers hengel. Dit was ‘n groot sukses en baie karp is uitgetrek. Slegs 3 karp swaarder as 10kg is ingeweeg. Harties Hilbillies het 1ste plek behaal met hul vangste van 40.45kg.
Stuur gerus fotos van vangste by Hartbeespoortdam aan Jan by 076 607 8956. Hengelgroete.