Blinklywe by die Dam 2 Mei 2024
Toestande vir hengel by Hartbeespoortdam is tans baie gunstig wat hengelaars die geleentheid gebied het om groot karp en babers uit te trek.
Meerhofoewer het uitgestaan die afgelope maand en heelwat hengelaars hul persoonlike beste vangste uitgetrek. Die naweek van 26 tot 28 April was geen uitsondering nie met hengelaars wat baie goeie vangstes by die oewer behaal het.
Jan Duvenage land 12 karp met gewigte tussen 4 en 14kg.Wit knoffel-floats van Fish met Schallas-geursel van Supercast is gebruik om die vis te lok. Themba Siwele land drie karp met gewigte van 11.8kg, 11.5kg en 10.7kg .Cornelius Badenhorst en Herman Khun behaal ook sukses met groot karp. Chris Curtin land ‘n karp van oor die 6kg. Francois De Villiers en Istefan Swanepoel behaal beide hul persoonlike beste vangste by Meerhofoewer met gewigte van 11.4kg en 11.3kg.
Meerhofoewer se hekure verander vanaf 1 Mei tot 31 Julie na 07:00 tot 17:00. Vir foto’s van vangste by Meerhofoewer besoek gerus hul Facebook-blad vir meer inligting.
Hengelaars kan foto’s van vangste by Hartbeespoortdam aan Jan stuur by 076 607 8956. Hengelgroete