Blinklywe by die Dam
Hengelaars by Hartbeespoortdam het gedurende Desember groot sukses behaal en kon karp tussen een en 13kg uittrek.
Meerhofoewer het veral die afgelope week goeie vangste opgelewer. Goeie vangste is ook by Ifafi Aquatic klub aangemeld. Boothengelaars was ook gelukkig met Werner Nagel se vangs van 12.5kg.
Geure wat tans met suksesvolle hengel gebruik word is knoffel, piesang, Boom van Supercast en Perdeby.
Hengelaars kan foto’s van vangste by Hartbeespoortdam aan Jan by 076 607 8956 stuur.
Hengelgroete