Blinklywe by die Dam 22 Feb 24
Neels Botha het verlede week dié bielie van 11kg by die Schoemansville-oewer uitgetrek.
Hengelaktiwiteite was stil by die Hartbeespoortdam oewers die afgelope week.
Baie min terugvoer oor vangste is ontvang en hengelaars wat wel gehengel het kon glad nie vis kry wat weegbaar was nie. Die dam het tans baie jong karp wat die aas vinnig nader en groter vis nie ‘n kans gee om by die kos uit te kom nie.
Boothengelaars het die naweek in die omgewing van Meerhof en Ifafi met kunsaas karp probeer lok, maar kon ook nie sukses behaal nie.
Stuur fotos van vangste by Hartbeespoortdam na Jan 076 607 8956.
Hengelgroete
Clive Fischer met ‘n baber by Ifafi Aquatic Club.