Blinklywe by die dam 25 January 2025
Hengel by Hartbeespoortdam die afgelope week was baie goed en hengelaars het groot vangste uitgetrek.
Van die hengelaars wat foto’s van hul vangste gestuur het is:
Mike Engelbrecht – 10.7kg karp, Jason Armstrong – 9.4kg karp, Stassen van Vuuren – 11kg karp.
Jan en Franco Duvenage hengel by Meerhof en land 16 karp waarvan die swaarste 8.5kg geweeg het. Pokkel Floats en boldip van Fish is gebruik om die vis te lok.
Meerhofoewer het ook goeie vangstes gedurende die week gelewer met ‘n swaarste karp van 11.8kg. Sukses is ook by ander oewers om die dam behaal. By Key West het hengelaars 50 karp geland met ‘n swaarste van 16.05kg. Sonskyn- en Mulberry-geursel van Fish is gebruik. Monster Mix grondvoer ,Tiger Nuts en mieliepitte was deel van die aas wat die vis gelok het.
Stuur asb foto’s van vangste by Hartbeespoortdam gedoen na Jan 076 607 8956.
Hengelgroete