Blinklywe by die Dam 27 Jun 24

27/06/2024Sport

Kian Gouws met ‘n 10.3 kg Karp by Ifafi Aquatic Club.

Hengel by Hartbeespoort dam gedurende Junie is steeds goed. Hengelaars wat die oewers besoek, trek goeie vangste van karp uit.
Bennie van der Westhuisen land ‘n karp met n gewig van 15.50kg by Meerhof oewer. Andries Zietsman hengel by ‘n privaat oewer en trek ‘n karp van 12.6kg uit. By Eagle Waters-oord word ook groot karp gevang.Gedurende die week is ‘n karp 12.69kg op pink sweets floaties by die oewer gevang.
Ifafi Aquatic Club en Ifafi Senior Burger Klub lewer tans ook goeie vangste. Inus Bezuidenhout land ‘n 14.2kg karp in die Magaliesrivier naby Hartbeespoortdam.Tiger nuts, Boilies, Monster mix met pynappelgeursel is tans die voorkeuraas waarmee karp gelok word.
Besoek ook gerus Meerhofoewer se Facebook-blad vir inligting oor vangste wat vanaf dié oewer gedoen word.
Hengelaars kan inligting en fotos van vangste by Hartbeespoortdam aan Jan stuur by 076 607 8956. Deel gerus u hengelervaringe met ons.
Hengelgroete