Blinklywe by die Dam 28 Maart 2024
Tielman Odendaal met n 9kg karp
Karp- en baberhengel was weer die hoogtepunt van die afgelope week met groot hoeveelhede van die twee spesies wat by oewers van Hartbeespoortdam geland is.
Tielman Odendaal land ‘n 9 kg karp vanaf Leloko-oewer. Kevin Moodley, Ramiel Rangasamy, Rushiel Rangasamy en Revaldo Moonsamy hengel vanaf Schoemansville-oewer waar hulle goeie karpvangste uittrek. Mark Aime land barbers met gewigte van 8kg, 6kg en 4kg by Roos se Oord.
Meerhofoewer het ook goeie vangste opgelewer van groot hoeveelhede karp en Baber. Besoek gerus Meerhofoewer se Facebook-blad vir meer inligting en foto’s van vangste.
Hengelaars wat die oewers van Hartbeespoortdam besoek kan hul vangste met ons deel deur fotos te stuur aan Jan by 076 607 8956. Deel ook gerus waarmee gehengel is en wat die suksesstorie was.
Hengelgroete