Blinklywe by die Dam 28 November 24
Die afgelope week was hengel baie goed by Hartbeespoortdam, veral vangste van groot hoeveelhede jong karp wat geland word.
Jan en Franco Duvenage land 31 karp tydens ‘n hengelsessie vanaf Ifafi Senior Burger Klub se oewer. Jando Badenhorst se vangste van 70 en 40 vis wat tydens twee dae se hengel vanaf Ifafi Senior Burger Klub geland is, beloof goeie vangste vir Desember. Die jong karp word gelok met knoffel en piesang floats met geen geursels wat op die mieliebom geplaas word nie.
Jan Duvenage en Dawie Terblanche het 30 visse naby Ifafi Aquatic Klub se oewer uitgetrek. Die swaarste karp van 6.5kg is deur Dawie geland.
Boothengelaars kan vanaf Ifafi Aquatic Klub bote te water plaas. Verseker asseblief dat alle nodige dokumente beskikbaar is.
Hengelaars wat die oewers van Hartbeespoortdam besoek, kan foto’s van vangste aan Jan by 076 607 8956.
Hengelgroete