Blinklywe by die Dam 29 February

29/02/2024Sport

Ifafi Aquatic Klub het die afgelope week goeie vangste gelewer met karp van tussen 5 en 15.48 kg wat geland is.
Fish se sonskyngeursel is gebruik om die vis te lok. Meerhofoewer was op 25 Februarie bedrywig en hengelaars het goeie vangste aangemeld. Karp en babers is geland. Die swaarste karp het 12kg ingeweeg. Hengelaars het ook Maandag sukses behaal by dié oewer met karp van 10.9kg en 12kg.
Besoek gerus Meerhofoewer se Facebook-blad vir foto’s. Johan Parsons het bewys dat daar nog groot swartbaars in Hartbeespoortdam is met sy vangs van 3.5kg. Jando Badenhorst het vanaf Ifafi Senior Burger Klub se oewer karp tussen 5.3kg tot 10kg uitgetrek. Sewe visse is gedurende dié sessie geland
Stuur foto’s van vangste by Hartbeespoortdam na Jan 076 607 8956.
Hengelgroete