Blinklywe by die Dam 4 Julie 24
Inligting wat gedurende die week vanaf hengelaars wat die oewers besoek het is dat daar lank gewag word voor die karp aas neem. Hengelaars wat goed voer tydens hengelsessies behaal meer geluk en groot karp word geland.
Karp met gewigte van tussen 9 en 14kg word by oewers geland. Ifafi Senior Burgerklub lewer tans ook groot karp waar hengelaars van tiger nuts en boilies gebruik maak om die vis te lok. Tjop Tjop is tans ‘n geur wat hengelaars die Tigernuts mee dip om die karp te lok. Hengelaars kan ook Fish en Super Cast se grondvoer en Monster mix aanwend om ‘n goeie voerplek te maak om die vis te lok.
Stuur asb foto’s van vangste by Hartbeespoort aan Jan by 076 607 8956.
Hengelgroete