Blinklywe by die Dam 6 Junie 2024
Hartbeespoortdam het gedurende die week weer gesorg vir groot glimlagte op hengelaars se gesigte. Pragtige karp is op die oewers uitgetrek.
Vir enige hengelaar wat ‘n persoonlike beste karp wil vang, is dit nou die geleentheid om die oewers te besoek en daai droom te bewaarheid. Elkeen het sy eie tegniek om die vis te lok en met die regte voorbereiding kan dit moontlik wees.
Meerhofoewer was baie bedrywig en hengelaars het baie goeie vangste geland. Jan Duvenage land karp met gewigte 8 en 11 kilogram. Mara Holtzhauzen land ‘n karp van 12kg.Die swaarste karp van 14kg is by Meerhofoewer geland. Besoek gerus Meerhofoewer se Facebook-blad vir fotos van die week se vangste.
Stuur asb inligting en foto’s van vangste vanaf Hartbeespoortdam se oewers aan Jan by 076 607 8956.
Hengel groete