Blinklywe by die Dam 7 Maart 24
Omstandighede vir hengel die afgelope week was baie goed by Hartbeespoortdam en hengelaars het weer goeie vangste by die onderskeie oewers uitgetrek.
Jan Duvenage land vier karp by Meerhofoewer waarvan die swaarste 12.3kg geweeg het. Pokkel en Knoffel floats met Super Cast se Schallas-dip is aangewend om die karp te lok.
Johan Berthold hengel vanaf Oberon-oewer en land ‘n karp van oor die 8kg. Geursels wat ook goed werk by Hartbeespoortdam is Boom van Super Cast en Sonskyn wat deur Fish aangebied word. Baberhengel is ook baie goed met vangste van tot 12kg. Groot hoeveelhede word gevang.
Hengelaars wat by Hartbeespoortdam hengel, kan foto’s van vangste aan Jan stuur by 076 607 8956.