Blinklywe by die Dam 8 February 24
Hengel by Hartbeespoortdam is baie goed en hengelaars verbeter hul persoonlikke beste vangste met groot vis wat geland word.
Gereelde besoekers aan Meerhofoewer het sukses behaal met 9 karp waarvan die swaarste 12kg geweeg het. Pokkel floats en dip is vir aas gebruik. Bennie Dercksen vang sy persoonlike beste karp van 12kg vanaf Meerhofoewer. Heuning floatie, Pynappel mielie en Almond dip is vir aas aangewend om die vis te lok.
Kommandonek lewer tans ook baie goeie vangste van karp wat wissel van een tot 14kg. Hengelaars wat die spesietegniek van hengel toepas behaal goeie sukses met tiger nuts boilies en kaboem-pitte. Monster mix van Fish is ook ‘n baie goeie produk om die groot karp te lok. Wend slegs klein hoeveelhede aan in die area waar gehengel word om die vis te lok. Growwe sout kan by die voer gemeng word.
Hengelaars kan fotos van vangste wat by Hartbeespoortdam stuur na Jan 076 607 8956.