Blinklywe by die Dam 9 Mei 24
Daar word tans nie net groot karp in Hartbeespoortdam gevang nie, die rivier het ook gedurende die week goeie vangste gelewer.
Jando Badenhorst land karp tussen 4.5kg en 16.3kg. Meerhofoewer het weer hengelaars verbaas met groter karp wat aas neem. Pieter van Zyl en Frans Jooste het karp geland het met gewigte van 9.8kg en 13.1kg. Adele Duvenage het ‘n karp uitgetrek wat die skaal op 10kg getrek het. Dries Gouws land ‘n karp van 12kg. Andre Groenewald behaal sukses met ‘ n karp van oor die 13kg. Aivin Jooste trek ‘n 10kg karp uit. Die negejarige Slade Speed het twee karp van 10.11kg en 13.14kg gevang. Enzo Speed en Jaques Trytsman, albei 6 jaar oud, geniet ook hul hengel en het karp en baber uitgetrek.
Tydens die Duvenage-hengelsessie by Meerhofoewer is wit knoffel floats vir aas gebruik met Schallas en Sonskyn geursel wat goeie resultate gelewer het. Besoek gerus Meerhofoewer se Facebook-blad vir foto’s van vangste by dié oewer. Hengelaars kan foto’s en inligting van hengelsessies met ons deel deur die inligting aan Jan te stuur by 076 607 8956.