Blinkywe by die Dam 20 Jun 24

20/06/2024Sport

Adele Duvenage met ‘n karp by Meerhofoewer.

Hengel by Hartbeespoortdam het heelwat afgeneem met baie min hengelaars wat die oewers besoek. Die koue weer veroorsaak ook dat daar baie min karp geland word.
Hengelaars wat wel geluk behaal is Jando Badenhorst wat drie karp tussen 10 en 12kg uitgetrek het.Die vis is met tiger nuts en boilies gelok. Hengelaars wat vanaf Meerhofoewer gehengel het, het ‘n karp van 15.24kg geland.
The Big Fish Challenge Hartbeespoort Dam vind plaas 12 tot 14 Julie. Prysgeld van R75 000 kan gewen word. Hengel kan vanaf ‘n boot of oewer gedoen word. Spesiehengel sal toegepas word tydens die kompetisie.
Stuur asb foto’s van vangste by Hartbeespoortdam aan Jan by 07 660 78956.