Bofbalspeler op pad na wêreld-kampioenskappe
Jean Gouws, ‘n leerder van Hoërskool Hartbeespoort, het onlangs aan die nasionale bofbalkampioenskappe in Kaapstad deelgeneem en sy span het die toernooi gewen. Jean is vir die Suid-Afrikaanse span gekies wat in September aan die wêreldkampioenskappe in Okinawa, Japan sal deelneem.