Brits-swemmers bring medaljes huis toe

Agt van HoĆ«rskool Brits se swemmers het altesaam 12 medaljes vanaf die swemgala by Fields College huis toe gebring. Hulle het ‘n algehele vierde plek in die gemengde aflos verower.
Voor is WJ du Plessis (Vryslag – 1ste plek, Vlinderslag – 2de plek), Leanette Fourie (Rugslag 2de, Vryslag 2de), Elrike du Plessis (Vlinderslag 1ste, Borsslag 1ste), Catelyn de Jager (Vryslag 2de), en agter, Jandre du Plessis, Drikus Fourie (Vlinderslag 3de, Rugslag 4de), Ethan Moll (Vlinderslag 3de, Borsslag 3de, Rugslag 4de, Vryslag 4de) en Niclaas Pieters (Borsslag 3de, Rugslag 2de).








