Broedies-akrobate na SA’s

26/06/2025Schools

Drie van Laerskool Broederstroom se akrobate het aan die ASSA, Noordwesdistrik se kompetisie vir Akrobatiese Dans in Centurion deelgeneem. Elrie van der Merwe en Kylie Bezuidenhout het hul Noordwes-kleure ontvang en neem in Julie deel aan die Suid-Afrikaanse Akrobaatkampioenskappe in Randburg.
Op die foto is Elrie Van Der Merwe, Lienka Smit en Kylie Bezuidenhout.