Broedies gee om

09/05/2024Schools

Laerskool Broederstroom het met ‘n ‘Broedies gee om’ projek warm klere en komberse vir die gemeenskap ingesamel in samewerking met Solidariteit Helpende Hand. Die klere kan aangekoop word vir ‘n billike prys by ‘Ons winkel’ in Hartbeespoort. Op die foto is Amélie Burger (onderhoofdogter), Pieter van Dyk (hoofseun), Rudo Joubert (onderhoofseun), Mia de Lange (hoofdogter), Solidariteit-verteenwoordigers, Nadia van Der Merwe, Janet Papenfus, Danielle Alves en Laerskool Broederstroom-juffrou, Cherise Leschinsky, wat die projek gelei het.