Broedies karatekas na SA’s
Mihandri Fouché (Graad 3) en Francois Fouché, (Graad 1), leerders van Laerskool Broederstroom, het verlede week aan die Gauteng provinsiale karatekampioenskappe deelgeneem en albei tweede plekke in hul ouderdomsgroepe verower. Hulle kwalifiseer om in Mei aan die Suid-Afrikaanse kampioenskappe deel te neem.
Baie geluk, Laerskool Broederstroom is trots op julle.