Broedies kry SA-kleure

Gimnaste, Janneman Dubery en Wouter Dubery, van Laerskool Broederstroom het aan SA Gimnastiekkampioenskappe deelgeneem en hul Suid-Afrikaanse-kleure ontvang. Janneman het ‘n algehele tweede plek in die kampioenskappe verower. Baie geluk! Die skool is trots op julle.








