Broedies sagtebalspelers in Tshwane-span
Laerskool Broederstroom spog met dié sagtebalspelers wat vir dieTshwane Skolesagtebalspanne gekies is. Hulle is Rudo Joubert (Red Sox onder 13), Marco Saaiman (White Sox onder13), Dian Kruger (White Sox onder13), Petrus Berry (Red Sox onder 15), Damian Freeme (Red Sox onder13), Henco Kock (White Sox onder13) en Tristan Helm (Red Sox onder13).
Die seuns gaan hul spanne by die interstreekstoernooi in Dinokeng vanaf 1-5 Desember 2024 verteenwoordig.
Baie geluk Broedies!