Dominante vertoning deur Hartbeespoort Kwena-span

05/06/2025News

Harties Rugbyklub se derde span, Kwena, het ‘n oortuigende oorwinning van 47 – 0 teen die Knights Rugbyklub behaal. Die uitslag is ‘n bewys van die harde werk, voorbereiding en samewerking. Die span het uitstaande dissipline, fisieke spel en akkuraatheid ten toon gestel. “Hierdie oorwinning weerspieël nie net die vordering wat ons as ‘n span maak nie, maar dit stel ook ‘n sterk toon vir die res van die seisoen. ‘n Opregte dankie aan al ons ondersteuners wat opdaag en in Kwena Rugby glo. Julle energie vanaf die kantlyn dryf ons vorentoe, het Dewalt Viljoen van Harties Rugbyuklub gesê.
“Ons is ook diep dankbaar vir ons borge vir hul onwrikbare ondersteuning. Jul vennootskap maak vertonings soos dié moontlik. Saam bou ons aan iets besonders.”