Gewilde Revue is om die draai

11/07/2024Schools

Hoërskool Hartbeespoort se jaarlikse gewilde Revue is om die draai. Dit beloof om weer ‘n topgehalte produksie te wees! Kaartjies is by Hoërskool Hartbeespoort se finansiële kantoor beskikbaar. Die vertonings vind plaas Dinsdag 16 Julie: 15:30 – 17:00 (R50 per persoon), Woensdag 17 Julie: 18:30 – 20:00 (R50 per persoon), Donderdag 18 Julie: 18:30 – 20:00 (R80 per persoon en ligte verversings). Op die foto is Diale Lihle, Anria Hurter en Monique de Vos besig met finale stemopnames vir die jaarlikse revue.