GHS ontwerpersdag
Leerders van Laerskool Generaal Hendrik Schoeman het onlangs hul ontwerptalent gewys toe hulle by French Toast by Little Paris ‘n ontwerpersdag gehou het.
Die leerders het juwele en krone ontwerp vir vanjaar se ontwerperskompetisie. Die dag se werk is beoordeel en die volgende leerders is aangewys as die beoordelaars se gunstelinge. Hulle is voor, Klara Janse van Rensburg, Lara-Leigh du Plessis, Stephan Pretorius, Naledi Letsholo, en voor, Kaboentle Sedupane en Lumé van der Westhuizen.