GHS presteer by SASA
Baie geluk aan Die Laerskool Generaal Hendrik Schoeman-atlete wat 21 en 22 Maart aan die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekampioenskappe deelgeneem het. Die skool is baie trots op die atlete wat aan 15 items deelgeneem het: Voor is Luanru Swanepoel (80m, 100m en verspring), Janina Badenhorst (1200m), Erin McManus (hoogspring), middel, Joshua de Beer 70m (hekkies, verspring en hoogspring), Alexis Woeke (100m), Mischke de Kok (150m hekkies en verspring), en agter Amorè Dippenaar (hoogspring), Mikaela Kruger (75m hekkies en 200m hekkies), en Aila van der Westhuizen (hoogspring).