GHS skenk boeke

07/03/2024Schools

Laerskool Generaal Hendrik Schoeman het die afgelope week hope boeke aan Laerskool De Kroon, die plaaslike biblioteek en Meerhofskool geskenk. “Ons is geseën met meer as genoeg boeke en het besluit om dit te skenk aan skole en instansies wat dit nodig het. Dankie aan Helpende Hand Platinumstreek wat met ons hande gevat het in die projek. Ons was oorweldig deur die dankbaarheid van die kinders wat nie kon wag om die nuwe boeke te kon lees nie,” het die skool gesê. Op die foto is Nicola Gouws, Anoesjka Kriek, Zelda Massyn, Debbie Schultz, Antoinette Hugo en Surita de Gouveia van Helpende Hand.