Hartbeespoort Rugbyklub domineer President’s League

31/07/2025Sport

Hartbeespoort Rugbyklub het verlede naweek ‘n dubbele oorwinning gehad toe die span Harlequins Oryx in die President’s League aangedurf het. Die Swart-span (eerste span) het Oryx se eerste span met 33 – 0 geklop. Hierdie oorwinning is kenmerkend van ‘n uitstekende verdediging en gesoute aanval, met slim veldbeheer en fyn taktiek. Die span het vanaf die eerste afskop tot na die fluitjie geblaas het, duidelik oorheersing getoon.
The tweede span, Rooi-span, het ook hul wedstryd teen Oryx met ‘n indrukwekkende 38–0 gewen. Hul vertoning was gekenmerk deur sterk lynspel, vinnige agterlynbeweging en geen verdedigingsfoute.
Hartbeespoort Rugbyklub is besig om van krag tot krag te gaan.