Hartbeespoort Rugbyklub speel teen Elsberg

27/02/2025Sport

Hartbeespoort rugbyspelers se oefenprogram is in volle swang en die Hartbeespoort Rugbyklub speel op 1 Maart teen Elsburg Klub by HoĆ«rskool Hartbeespoort. Twee spanne sal meeding. Die wedstryde word gevolg deur ‘n bring-en-braai by die klubhuis. Die publiek word uitgenooi om die spanne te kom ondersteun. Wedstryde begin 13:00 met die tweede span en die eerste span draf 15:30 op die veld. Vir meer inligting oor die klub, kontak Dewaldt by 072 182 9366 of epos admin@hartiesrugbyclub.co.za.